Sunday, February 18, 2018

Die nes is nou leeg - #LetsTalk - 'n Uitnodiging


Photo source: http://www.healthwellnesscolorado.com/reinforcing-an-empty-nest/


Welkom weer, liewe mede-reisiger!

Daar is ‘n rede dat jy verby die opskrif hierbo gelees het. Hieronder is een persoon se ervaring van ons opskrif -  
Miskien was of is jou eie ervaring van die lee nes ding baie anders.

Miskien het jy nuttige idees of wenke.

Hieronder is net een ervaring. Wil jy saam lees en dit miskien oorweeg om ons te vertel van jou eie ervaring? Of selfs net jou gedagtes rondom die onderwerp? #LetsTalk:

Joy shared – is joy doubled en
Trouble shared – is trouble halved

Kom saam:

Hierdie is nie ‘n plek wat ek gekies het nie. Dis nie ‘n plek waar ek regtig ooit wou gewees het nie. Maar hier is ek nou…
Nou ja “hulle” het altyd gepraat van die lee nes ervaring, maar my keuse was altyd om “lee nes” as ‘n moontlike bedreiging iewers ver in die toekoms te sien. Nou nie juis ‘n frase waarvoor ek al ooit die lus of energie of tyd gehad het nie! Wie wil nou aan leeg dink as vol so lekker vol is!

En toe vang dit my erg onkant –nie dat ek dink dat ek ooit hiervoor sou kon voorberei nie! Ek vermoed dat waar ek nou is, dalk is wat dit is – wat dit die leegheid van die nes werklik beteken.

Daar is nogals ‘n baie lang lyn tussen vol en leeg. En vir so lank was leeg nie eintlik ‘n opsie nie – want ons lewens was vol – die kinders het my besig gehou – sommer baie besig. En alhoewel ek soms gekla het, wou ek dit nooit anders gehad het nie – kon dit nie beter nie! En vol het so lank aangehou en met tyd eintlik net al hoe voller geraak.

Ek ken gladnie die pad tussen vole n leeg nie. Ek weet net dat die nes en die kinders in die nes tot oorlopens toe vol was en dat dit nou baie skielik so leeg is soos ‘n dam in die Wes Kaap is…
En ek het ‘n groot en diep dors na iets wat ek nie ken nie…

The winds of change
Are blowing hard in our direction
We can’t go back
and we can’t stand still
                (Mike Batt)

Hierdie is so ietsie van een ervaring.
Wat was of miskien is jou ervaring?

Skryf vir ons. Laat ons weet?

Kom ons gebruik die volheid van ons eie unieke en dikwels oorweldigende ervarings van ons leegheid, om die wat na ons kom, voor te berei – uit te nooi. Kom ons deel saam ons fotos van ons eie ervaringe rondom ‘n nes wat leeg geword het – soos wat dit gebeur. Daar is geen GPS vir die uniekheid van elkeen se ervaring nie. En mens raak tog so al te maklik verdwaal in die unieke en dikwels baie alleen ervaring van die klaargeid  en finaliteit van die einde van graad 12. (Of enige einde !)

Kom ons probeer saam as ouers sin maak van graad 13 en verder – kom ons soek saam na die sin van hierdie lewensfase. En in die proses – kom ons karteer die pad vir baie van die wat na ons kom – net omdat ons dit heel moontlik dit vir die wat na ons kom gun om beter as ons voorberei te wees op hierdie deel van die pad van ouerskap.
#LetsTalk

Gegroet, liewe mede-reisiger - hoop om van jou te hoor!
Tot volgende keer!

Ons is ook by:
http://randburgcounsellingcentre.yolasite.com/

#emptynest #parenting #ouerskap #loss #lonely #depressed #worried #aimless #goal #purpose #thenextstep #meaning #nextsteps #whatnow #worriedmom