Wednesday, September 9, 2015

Die donker pad van hoop...




Nou ja liewe medemens jy mag dalk vandag vir my wil vra: Hoe op aarde kan hoop en donker in dieselfde sin wees?

Dis 'n groot landskap en 'n baie wye perspektief. Wil jy dit waag om saam te kuier?

So een of twee invalshoeke of ligstrale in die donker in:

Henri Nouwen praat daarvan dat jy deur jou pyn moet gaan om by ware vryheid uit te kom. Die subtitel van sy boek " The Inner Voice of Love" is duidelik:

"A journey through anguish to freedom" Nogals die moeite werd om rustig deur te werk as die donker met tye oorweldigend word. Hier is 'n skakel: http://www.amazon.com/The-Inner-Voice-Love-Journey/dp/0385483481

Die lig aan die einde van die tonnel mag dalk soos uitstel afstel voel, maar behou die geloof want die lig en die vryheid sal by jou ook uitkom.

Onse Phil Bosmans praat weer: "Jy kan in hierdie lewe nie jou kruis weggooi sonder om daardeur verpletter te word nie"

Hou 'n oop kop en 'n oop valskerm - al gaan dit teen elke greintjie van logika in.

Kom saam. Nie alleen nie maar saam:

ONS REIS BLYMOEDIG VOORT.

Gegroet, liewe medemens!

1 comment:

  1. En hier is 'n effe nuwer weergawe van onse Phil se menslief. Laat weet wat jy dink! http://www.cumuitgewers.co.za/menslief-ek-hou-van-jou-hardeband#.VfB-hRGeDGc

    ReplyDelete