Saturday, August 29, 2015

Stihou en feesvier - saam-oppiepad !





En dan is daar die tye wat stihou meer is as bloot net stilhou vir petrolingooi of bene rek! Of selfs meer as net bloot saamkuier! Dan is daar die tye wanneer ons doelgerig wil saam feesvier. Saam geniet die suksesse en mylpale van geliefdes. Belangrike en selfs onmisbare geleenthede waar ons saam vir en saam met mekaar opgewonde raak oor meer as net ons eie suksesse.

Kan ons onsself toelaat om soms selfloos meegesleur te word in en deur die sukses wat dalk selfs buite onssigselwers is? Die suksesse van medemense en "geliefdes" waarop ons selfs dalkies stilweg jaloers is? Outch! Dit kan eina raak! Maar nie daar gelaat nie! Ons wil tog immers almal groei of hoe!?

Hier is 'n uitdaging: Miskien is blyword vir en saammet 'n "beduindende ander" een van die toetse van mededeelsaamheid, medemenslikheid en selfs van die mate waartoe ons daarin kan slaag om "community" te doen!? Edelheid! Dit klink darem goed en reg - up to the challenge?

Kan jy jouself agterlaat en saam feesvier oor die suksesse en mylpale van geliefde mede saam-oppiepad reisigers?

Die vraag bly privaat. Aanvanklik (gelukkig) die antwoord op die vraag ook! Die antwoord sal met tyd meer en meer sigbaar raak. In die vorm van 'n oorwinning! Die beloning is baie groot! Watch this space!

Kom ons gaan aan - saam-oppiepad! Ook hierdie dikwels effe moeiliker pad!

ONS GAAN BLYMOEDIG VOORT !



3 comments:

  1. Ek hou baie hiervan, Christo en sien uit na die reeks. 'Kan jy jouself agterlaat ...?' - sterk woorde. Well written.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie, Janet. Feedback en ekstra gedagtes help ons almal om meer te verstaan en perspektief te hou oppie lewe - #saam-opiepad

      Delete
    2. Baie dankie, Janet. Feedback en ekstra gedagtes help ons almal om meer te verstaan en perspektief te hou oppie lewe - #saam-opiepad

      Delete