Dit is tydens saam-oppiepad - saamwees oppie langer pad, dis met hierdie tye dat versugting en moedeloosheid dikwels omskep word in verligting.
Op die eindelose, nomadiese pad verlaat sin en funksie die bewussyn met tye. Soms is al wat oorbly bloot net 'n meganiese aanstap. Tree vir tree spore agterlaat deur droogtes, woestynnagkoues, hittige middagson oor eindelose horisonne van woestynsand en baie niks.
En dan, vanuit die voortploeter deur groot stukke niks, aanvanklik soos 'n mirage in die woestyn verskyn daar met tye. dikwels op die onverklaarbaarste maniere, die oases van verligting, verfrissing. Dit kan 'n werklike oase wees, 'n blye herontmoeting en selfs so onsigbaar soos 'n terugblik op iets wat eens so mooi was dat dit in jou geheue bly vassteek het.
Die woestynpad kan 'n pad wees van bevryding. Soos die subtitel van Henri Nouwen se boek : "The Inner Voice of Love" dit mooi saamvat: "A journey through anguish to freedom". Aanhouer wen. Tree vir tree - en uit niks, uit woes en leeg is die aarde geskep in al sy glorie!
Het jy nog 'n oomblik, liewe medemens?
Laat die ou bekende Mike Batt jou vir 'n minuut of twee op 'n reis neem...
Intussen :
ONS GAAN BLYMOEDIG VOORT
Mike Batt Caravan Song
No comments:
Post a Comment